Emile en Adele PNG protea

Die troue van

Emile & Adéle

Ons nooi jou/julle hartlik uit om saam met ons herinneringe te kom skep wat ‘n leeftyd sal hou.

Omkring die datum

Die uitnodiging

RSVP ASB TEEN 28 FEB

09 MEI '26

om 10h00

Die seremonie begin stiptelik om 10:00. Ons versoek dat almal teen 09:50 hulle sitplekke inneem.

ONS VERHAAL

Bruid & Bruidegom

Emile Erasmus

bruidegom

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Phasellus sagittis consectetur felis quis finibus. Fusce in pulvinar magna. Nunc non lobortis sem. In elementum nisl malesuada eros dignissim porta. Fusce vel tincidunt nisl.
Emile

Adéle Fourie

bruid

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Phasellus sagittis consectetur felis quis finibus. Fusce in pulvinar magna. Nunc non lobortis sem. In elementum nisl malesuada eros dignissim porta. Fusce vel tincidunt nisl.
Adéle
Protea (2)

ADDISIONELE INLIGTING

n Troue met n twist

Kom spandeer die naweek saam met ons by Umshanti!

Ons nooi julle hartlik uit om die hele naweek saam met ons deur te bring – arriveer gerus Vrydag en vertrek Sondag ná ‘n lekker ontbyt.

Die plan is eenvoudig: goeie geselskap, lekker lag, en die skep van kosbare oomblikke saam met almal wat ons na aan die hart lê.

Akkommodasie
Opsies sluit selfsorg-kothuise en kampplekke in (alles beskikbaar by Umshanti). Sodra ons almal se bevestigings het, sal ons die verblyf toewys en die kostes deurgee. Betaling kan direk aan Umshanti gedoen word – ons sal die besonderhede stuur.

Kosse & etes

Ons sorg vir ‘n heerlike ete na die seremonie, Saterdagmiddag, Saterdagaand en Sondagoggend

Geskenke
Julle teenwoordigheid op ons spesiale dag is die grootste en mooiste geskenk wat ons kan vra. As julle tog iets wil bydra, sal enige klein geskenk of bydrae baie vir ons beteken – maar geen druk nie!

Kroeg / drank

Bring gerus julle eie drank saam – daar is geen kroeg beskikbaar nie.

Kleredrag:
 Formeel

Kinders is baie welkom!
Ons het ‘n veilige, toegewyde speelplek spesiaal vir die kleinspan gereël, vol heerlike kindervriendelike etes en pretvolle aktiwiteite. ‘n Toegewyde kinderoppasser sal daar wees om na hulle om te sien, sodat Ma en Pa rustig kan ontspan en die onthaal ten volle kan geniet. Let asseblief op dat daar ‘n groot rivier naby is – die kinders mag gerus swem en speel, maar net onder ouers se direkte toesig, vir hul eie veiligheid. Ons vra net vriendelik dat kinders nie tydens die seremonie of onthaal in en uit die saal beweeg nie, sodat almal die spesiale oomblikke ongestoord kan beleef. Baie dankie vir julle begrip en samewerking – dit beteken die wêreld vir ons!

 
 

HOE KOM ONS DAAR?

SEREMONIE
Onthaal

MET LIEFDE GEONTWERP DEUR WEDDINGVIBES (NIXDESIGNS)